26 Januarie is die 26ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 339 dae in die res van die jaar (340 in skrikkeljare).
- 1781 – Achim von Arnim, Duitse digter en skrywer, en belangrike verteenwoordiger van die Duitse Romantiek († 1831).
- 1863 – Samuel Cronwright, boer, politikus, eggenoot van die skrywer Olive Schreiner († 1936).
- 1867 – Ds. Paul Nel, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Kerk († 1943).
- 1880 – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag († 1964).
- 1902 – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer († 1940).
- 1925 – Paul Newman, Amerikaanse akteur († 2008).
- 1942 – De Villiers Lamprecht, atleet en die eerste Suid-Afrikaner wat daarin kon slaag om 'n droommyl af te lê.
- 1943 – Soad Hosny, Egiptiese aktrise († 2001).
- 1956 – Leon van Wyk, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige DA-burgemeester van George.
- 1960 – Ulf Bengtsson, Sweedse mans-tafeltennisspeler († 2019).
- 1971 – Aygün Kazımova, Azerbeidjanse sangeres en aktrise.
- 1990 – Sergio Pérez, Meksikaanse Formule Eenrenjaer.
- Australië – Nasionale Dag van Australië: ter herdenking aan Europese vestiging in Australië.
- Indië – Herdenk die dag waarop die land 'n republiek geword het.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Januarie. |