5 Januarie is die vyfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 360 dae in die res van die jaar (361 in skrikkeljare).
- 1789 – Thomas Pringle, Suid-Afrika se eerste Engelstalige digter en een van die baanbrekers vir persvryheid († 1834).
- 1865 – Sir James Molteno, die laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad († 1936).
- 1876 – Konrad Adenauer, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Wes-Duitsland († 1967).
- 1887 – Courtney Hodges, Amerikaanse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1966).
- 1900 – Yves Tanguy 'n Franse surrealistiese skilder († 1955).
- 1928 – Walter Mondale, 42ste Amerikaanse visepresident († 2021).
- 1932 – Douglas Livingstone, Suid-Afrikaanse digter († 1996).
- 1932 – Umberto Eco, Italiaanse skrywer en filosoof († 2016).
- 1942 – Jan Ellis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2013).
- 1946 – Diane Keaton, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Marilyn Manson, Amerikaanse sanger.
- 1975 – Bradley Cooper, Amerikaanse akteur.
- 1996 – Suné Luus, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 1066 – Eduard die Belyer, Britse monarg (* 1003).
- 1477 – Karel die Stoute, Hertog van Boergondië (* 1433).
- 1589 – Catharina de' Medici, eggenote van Hendrik II van Frankryk (* 1519).
- 1762 – Jelizawjeta Petrowna, Keiserin Elisabeth van Rusland (* 1709).
- 1929 – Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland, die seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj (senior) (* 1856).
- 1933 – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State (* 1872).
- 1979 – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis (* 1922).
- 1982 – Hans Conried, Amerikaanse akteur (* 1917).
- 1990 – S. Ignatius Mocke, Afrikaanse digter en skrywer, joernalis en redakteur (* 1912).
- 1997 – Kas van den Bergh, Afrikaanse skrywer (* 1925).
- 2018 – John W. Young, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 2023 – Earl Boen, Amerikaanse akteur (* 1945).
 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 5 January. |