1940 – Die Blitz begin toe Nazi-Duitsland bomme op Londen laat val in die eerste van 57 opeenvolgende nagte van bombardering.
1974 - Die Lusaka-ooreenkoms tussen FRELIMO en die nuwe Portugese regering word onderteken. Daarvolgens onderneem Portugal om onafhanklikheid aan Mosambiek toe te ken.
1974 - Die Lusaka-ooreenkoms veroorsaak dat Portugese burgers in opstand kom in Lourenço Marques, Mosambiek. Die middestade en hawe word oorgeneem.
1977 – Verdrae tussen Panama en die VSA oor die status van die Panama-kanaal word geteken. Die VSA stem toe om beheer oor die kanaal oor te dra aan Panama teen die einde van die 20ste eeu.
1992 – In Bhisho in die voormalige Ciskeituisland van Suid-Afrika sterf 24 mense en word 150 beseer toe soldate vyf minute lank blindelings op 'n 50 000-sterk ANC-betoging onder leiding van Cyril Ramaphosa skiet.