Kalenders
|
|
Alexander II van Rusland
|
|
Die jaar 1881 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 81ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 10 Februarie – Kenneth McArthur, Suid-Afrikaanse maratonatleet († 1960).
- 25 Maart – Béla Bartók, Hongaarse komponis († 1945).
- 31 Maart – G.B.A. Gerdener, ’n Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer († 1967).
- 3 April – Alcide De Gasperi, Italiaanse staatsman. Eerste minister van Italië van 1945–1953 († 1954).
- 10 April – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein († 1967).
- 22 April – Aleksandr Kerenski, Russiese politikus († 1970).
- 28 Mei – D.F. Malherbe, Afrikaanse digter en dramaturg († 1969).
- 18 Julie – Ave Duthie, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1963).
- 27 Julie – Hans Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner († 1945).
- 29 Julie – Gus McNaughton, Engelse akteur en skrywer († 1969).
- 2 Augustus – Gustave van de Woestijne, Belgiese ekspressionistiese skilder († 1947).
- 6 Augustus – Alexander Fleming, Britse bakterioloog, ontdekker van penisillien († 1955).
- 7 Augustus – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) († 1959).
- 8 Augustus – Ewald von Kleist, Duitse veldmaarskalk († 1954).
- 11 September – Asta Nielsen, Deense aktrise († 1972).
- 29 September – Jochem van Bruggen, Afrikaanse skrywer († 1957).
- 1 Oktober – William Edward Boeing, Amerikaanse lugvaartpionier en stigter van die Boeing-maatskappy († 1956).
- 4 Oktober – Walther von Brauchitsch, Nazi-Duitse veldmaarskalk († 1948).
- 25 Oktober – Pablo Picasso, Spaanse skilder († 1973).
- 25 November – Pous Johannes XXIII, gebore as Angelo Giuseppe Roncalli, die 261ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1963).
- 4 Desember – Erwin von Witzleben, Duitse generale veldmaarskalk († 1944).
- 14 Desember – Katherine MacDonald, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 1956).
- 7 Januarie – Georg Heinrich Ferdinand Nesselmann, Duitse oriëntalis, filoloog en wiskunde-historikus (* 1811).
- 9 Februarie – Fjodor Dostojefski, Russiese skrywer (* 1821).
- 27 Februarie – Sir George Pomeroy Colley, Britse soldaat en Goewerneur van Natal, sterf tydens die Slag van Majuba (* 1835).
- 13 Maart – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland (* 1818)
- 15 April – Charles Léon Denuelle, eerste seun van Napoleon Bonaparte (* 1806).
- 21 April – Jacobus Nicolaas Boshoff, Vrystaatse politikus en staatsman, President van die Oranje-Vrystaat (* 1808).
- 24 Mei – Samuel Palmer, Britse waterverfskilder (* 1805).
- 6 Junie – Henri Vieuxtemps, Belgiese komponis en violis (* 1820).
- 19 September – James Garfield, die twintigste President van die Verenigde State (* 1831).
- 9 Oktober – Ds. Dirk van der Hoff, onder meer ontwerper van die Transvaalse Vierkleur (* 1814).
- 9 Desember – Thomas François Burgers, 'n teoloog en president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1834).