Kalenders
|
|
Vincent van Gogh
|
|
Die jaar 1890 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 90ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 6 Januarie – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter († 1933).
- 24 Februarie – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise († 1975).
- 4 Maart – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek († 1958).
- 9 Maart – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat († 1986).
- 11 Maart – Vannevar Bush, 'n Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder († 1974).
- 12 Maart – Vaslav Nijinsky, Russiese danser († 1950).
- 6 April – Anthony Fokker, Nederlandse ontwerper van vliegtuie († 1939).
- 10 Mei – Alfred Jodl, Duitse generaal († 1946).
- 12 Mei – Kurt Student, Duitse generaal († 1978).
- 19 Mei – Hồ Chí Minh, Viëtnamese kommunistiese rewolusionêre leier (* 1969).
- 16 Junie – Stan Laurel, Engelse akteur en skrywer, bekend vir sy The Laurel and Hardy Show († 1965).
- 7 Julie – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse opvoedkundige, koerantredakteur, politikus en ambassadeur († 1971).
- 20 Julie – George II, koning van Griekeland († 1947)
- 14 Augustus – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde († 1959).
- 27 Augustus – Man Ray, Amerikaanse fotograaf († 1976).
- 15 September – Agatha Christie, Engelse speurverhaalskryfster († 1976).
- 14 Oktober – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State († 1969).
- 21 November – Eric Hendrik Louw, diplomaat en politikus († 24 Junie 1968).
- 22 November – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman († 1970).
- 6 Desember – Dion Fortune, Walliese okkultis († 1946).
- 8 Desember – Bohuslav Martinů, Tsjeggiese komponis († 1959).
- 12 Desember – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat († 1989).
- 26 Desember – Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer († 1957).