Kalenders
|
|
Die Noordse Museum in Sotckholm op 'n fotochroom uit 1897
|
|
Die jaar 1897 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 97ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- datum onbekend – Jomo Kenyatta, Kenia se eerste president, (sterf op 89-jarige ouderdom in Mombasa).
- 6 Januarie – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus († 1946).
- 4 Februarie – Ludwig Erhard, Duitse politikus, minister van ekonomie en bondskanselier van Wes-Duitsland († 1977).
- 22 Februarie – Joeri Kondratjoek, Russiese pionier van ruimtevaartkunde en ruimtevlug († 1942).
- 17 Maart – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse SS-bevelvoerder († 1943).
- 17 April – Thornton Wilder, Amerikaanse skrywer en wenner van Pulitzerprys vir Fiksie († 1975).
- 27 April – Chris Blignaut, legendariese Afrikaanse sanger († 1974).
- 11 Mei – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus († 1967).
- 27 Mei – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein († 1973).
- 7 Junie – George Szell, Hongaarsgebore Amerikaanse dirigent en komponis († 1970).
- 15 Junie – Leo Marquard, stigterslid van Suid-Afrika se Liberale Party († 1974).
- 19 Junie – Moe Howard, Amerikaanse akteur en komediant (Three Stooges) († 1975).
- 3 Julie – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige († 1978).
- 24 Julie – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State († 1937).
- 11 Augustus – Enid Blyton, Britse outeur van Noddy, Famous Five en Secret Seven († 1968).
- 31 Augustus – Fredric March, Amerikaanse akteur († 1975).
- 12 September – Irène Joliot-Curie, Franse fisikus en Nobelpryswenner († 1956).
- 26 September – Giovanni Battista Montini, later Pous Paulus VI, die 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1978).
- 2 Oktober – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant († 1974).
- 26 Oktober – Prof. J.L.B. Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wie die Selakant identifiseer († 1968).
- 26 Oktober – Henry Vahl, Duitse akteur († 1977).
- 29 Oktober – Joseph Goebbels, Duitse politikus († 1945).
- 2 November – Dennis King, Engelse rolprentakteur († 1971).
- 11 November – Gerrit Dekker, Afrikaanse professor, letterkundige en vertaler († 1973).
- 26 Desember – Willy Corsari, Nederlandse skryfster van jeuglektuur, romans, speurverhale, kortverhale en toneelstukke († 1998).
- 28 Desember – Iwan Konef, Sowjetmaarskalk in die Rooi Leër († 1973).