José Echegaray y Eizaguirre | |
---|---|
Gebore | 19 April 1832 |
Sterf | 14 September 1916 |
Nasionaliteit | Spaans |
Beroep | Dramaturg, siviele ingenieur en wiskundige |
José Echegaray y Eizaguirre (19 April 1832 – 14 September 1916) was 'n Spaanse wiskundige, politikus, en die belangrikste Spaanse dramaturg van die laaste kwart van die 19de eeu. Hy ontvang die Nobelprys vir Letterkunde, tesame met die Franse digter Frédéric Mistral, in 1904.[1] Hy is die eerste Spanjaard om dié toekenning te verkry.
Hy is in Madrid, Spanje gebore. Hy studeer ingenieurswetenskap en behaal sy graad in 1853. Hy word 'n lid van die Spaanse Akademie vir Wetenskap in 1866 en word later die president daarvan. Ná die Spaanse revolusie van 1868, word hy aangestel as die Minister van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling. Hy stig die Bank van Spanje. Hy tree uit sy ampte af om hom voltyds op sy skryfwerk te vestig, maar word weer die Minister van Finansies in 1905.
Meer as sestig dramas verskyn uit sy pen. Die volgende is 'n kort lys van dié wat as die belangrikste beskou word:
Twee artikels is gebruik: die Engelse José Echegaray en die Spaanse José de Echegaray.