12 Desember is die 346ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (347ste in skrikkeljare). Daar volg nog 19 dae in die res van die jaar.
- 1254 – Pous Alexander IV volg Pous Innocentius IV op.
- 1406 – Pous Gregorius XII skryf 'n brief aan Teenpous Benedictus XIII met 'n voorstel dat hulle beide aftree om die Westerse Skisma te beëindig. Niks kom van die voorstel nie.
- 1583 – Pous Gregorius XIII stel nog 19 nuwe kardinale aan waaronder die latere pouse Pous Innocentius IX, Pous Urbanus VII, Pous Leo XI en Pous Gregorius XIV.
- 1667 – Pous Clemens IX stel drie nuwe kardinale aan waaronder sy neef Giacomo Rospigliosi.
- 1695 – Pous Innocentius XII stel 14 nuwe kardinale aan, waaronder Federico Caccia, aartsbiskop van Milaan.
- 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Inscrutabili Divinae Sapientiae oor die instelling van 'n Universele Jubileum.
- 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Cum Summi weer oor die Universele Jubileum.
- 1770 – Pous Clemens XIV stel Antonio Casali, goewerneur van Rome en Pasquale Acquaviva d'Aragona, president van Urbino aan as kardinale.
- 1787 – Pennsilvanië word die 2de deelstaat van die Verenigde State.
- 1901 – Guglielmo Marconi ontvang die eerste trans-Atlantiese radiosein, vanaf Poldhu Radiostasie in Cornwall, Engeland na St. John's, Newfoundland.
- 1913 – Die Mona Lisa word teruggevind in Florence, twee jaar nadat dit gesteel is.
- 1917 – In Nebraska, in die Verenigde State, stig Vader Edward J. Flanagan 'n seunsdorp as 'n plaasdorp vir balsturige seuns.
- 1925 – Reza Pahlavi word die Sjah en neem beheer oor van Iran.
- 1939 – Finland verslaan die Sowjetunie in die Slag van Tolvajärvi in hulle eerste groot oorwinning in die Winteroorlog.
- 1954 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word aartsbiskop van Milaan.
- 1961 – Adolf Eichmann word skuldig bevind van Tweede Wêreldoorlogsmisdade in Israel.
- 1963 – Kenia word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1979 – Rhodesië verander sy naam na Zimbabwe.
- 1991 – Lagos word deur Abuja vervang as die hoofstad van Nigerië.
- 1996 – Uday Hussein word ernstige verwond in 'n sluipmoordpoging.
- 2000 – Die hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika beslis met 'n 5-4 stemming dat die hertelling van stembriefies in Florida, tydens die 2000-presidensiële verkiesing, gestaak moet word.
- 2003 – Paul Martin, Jr. word ingesweer as die 21ste Eerste Minister van Kanada.
- 2008 – Die ANC verloor sy hofstryd teen die naam van die wegbreekgroep onder leiding van Mosioua Lekota, die Congress of the People (COPE), in die Pretoriase hooggeregshof.
- 1216 – Giovanni Gaetano Orsini, later Pous Nicolaas III, in Rome, die 188ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1280).
- 1750 – Lady Anne Barnard, Skotse digteres en briefskrywer († 1825).
- 1821 – Gustave Flaubert, Franse skrywer († 1880).
- 1861 – Jan Kamp, Professor in die Nederlandse letterkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1924).
- 1863 – Edvard Munch, Noorweegse skilder († 1944).
- 1871 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein († 1955).
- 1875 – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953).
- 1890 – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat († 1989).
- 1915 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur († 1998).
- 1915 – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke († 2013).
- 1919 – Matthys van Rensburg, Suid-Afrikaanse politikus († 1970).
- 1924 – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans († 2013).
- 1940 – Abe Williams, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1946 – Emerson Fittipaldi, Brasiliaanse renjaer.
- 1970 – Jennifer Connelly, Amerikaanse aktrise.
- 1204 – Maimonides, Joodse filosoof en sterrekundige (* 1135).
- 1843 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland (* 1772).
- 1889 – Robert Browning, Engelse digter (* 1812).
- 1905 – Reimond Stijns, Vlaamse skrywer (* 1850).
- 1913 – Menelik II, keiser van Ethiopië (* 1844).
- 1937 – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur (* 1879).
- 1956 − Justin Godart, Franse politikus (* 1871).
- 1961 – Hauk Aabel, Noorweegse akteur (* 1869).
- 1994 – Stuart Roosa, Amerikaanse lugvaartingenieur en ruimtevaarder (* 1933).
- 1999 – Joseph Heller, Amerikaanse skrywer (* 1923).
- 2003 – Danie Smuts, Suid-Afrikaanse akteur (* ~1925).
- 2003 – Keiko, die moordvis in die Free Willy-flieks.
- 2009 – Piet Uys, Springbokrugbyspeler (* 1937).
- 2019 – Peter Snell, Nieu-Seelandse middelafstandatleet (* 1938).
- 2019 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur (* 1933).
- 2020 – John le Carré, Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale (* 1931).
- 2024 – Annelie Botes, Afrikaanse roman-, kortverhaal- en rubriekskrywer († 1957).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 Desember. |