13 Augustus is C.J. Langenhoven se geboortedag, die foto is op sy troudag geneem. Florence Nightingale, die dame met die lamp, is op die dag in 1910 oorlede.
13 Augustus is die 225ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (226ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 140 dae in die res van die jaar.
1873 – C.J. Langenhoven , Afrikaanse skrywer († 1932 ).
1884 – Tobie Muller , NG predikant en Afrikaanse taalstryder († 1918 ).
1886 – Jacobus Hendrik Pierneef , Suid-Afrikaanse skilder in Pretoria († 1957 ).
1899 – Alfred Hitchcock , Britse regisseur († 1980 ).
1902 – Felix Wankel Duitse uitvinder van die wankelenjin († 1984 ).
1904 – Charles "Buddy" Rogers , Amerikaanse akteur, musikant († 1999 ).
1918 – Frederick Sanger , Britse biochemikus († 2013 ).
1920 – Neville Brand , Amerikaanse akteur († 1992 ).
1926 – Fidel Castro , Kubaanse leier († 2016 ).
1963 – Sridevi , Indiese aktrise († 2018 ).
1863 – Eugène Delacroix , waterverfskilder (* 1798 ).
1865 – Ignaz Semmelweis , Hongaarse arts, vader van antiseptiese prosedures (* 1818 ).
1896 – John Everett Millais , Britse skilder en tekenaar (* 1829 ).
1910 – Florence Nightingale , bekend as "Die dame met die lamp", pionier en grondlegger van die moderne verpleging (* 1820 ).
1912 – Jules Massenet , Franse komponis (* 1842 ).
1917 – Eduard Buchner , Duitse chemikus , simoloog en wenner van die Nobelprys vir Chemie (* 1860 ).
1946 – Herbert George Wells , outeur van The Time Machine en The Shape of Things to Come (* 1866 ).
1975 – Eva Speyer , Duitse aktrise (* 1882 ).
2005 – David Lange , 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland (* 1942 ).
2020 – Hans-Peter Künzi , navorser in topologie en kategorieteorie aan die wiskundedepartement aan die Universiteit van Kaapstad (* 1955 ).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 August .