Die jaar 1891 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 91ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 24 Januarie – Walter Model, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1945).
- 4 Maart – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Landbou († 1974).
- 30 Maart – Lionel Royce, Oostenrykse - Amerikaanse akteur († 1946).
- 2 April – Max Ernst, Duitse skilder († 1976).
- 14 April – Bhimrao Ramji Ambedkar, Indiese politikus († 1956).
- 16 April – Richard Saul, Britse vegvlieënier en lugmaggeneraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1965).
- 27 April – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis († 1953).
- 2 Mei – Genl. Sir Pierre van Ryneveld, (KBE, CB, DSO, MC) Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier († 1972).
- 18 Mei – Rudolf Carnap, Duitse filosoof († 1970).
- 21 Junie – Hermann Scherchen, Duitse dirigent († 1966).
- 7 Julie – Virginia Rappe, Amerikaanse aktrise († 1921).
- 14 Julie – Prof. S.P.E. Boshoff, bekroonde Afrikaanse akademikus, skrywer en taalpatriot († 1973).
- 14 Julie – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur († 1950).
- 16 September – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1980).
- 26 September – Charles Munch, Franse simfoniedirigent en violis († 1968).
- 13 Oktober – Irene Rich, Amerikaanse aktrise († 1988).
- 22 November – Edward Bernays, Amerikaanse teoretikus, pionier op die gebied van openbare betrekkinge en propaganda († 1995).
- 21 Desember – Ernest Leonard Johnson, Suid-Afrikaanse sterrekundige († 1977).
- 23 Desember – Dr. P.C. Schoonees, Afrikaanse leksikograaf († 1970).
- 26 Desember – Henry Miller, Amerikaanse novelis en essayis († 1980).