1 April is die 91ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (92ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die tweede kwartaal van die jaar. Daar volg nog 274 dae in die res van die jaar.
Die dag staan ook as gekkedag bekend omdat mense graag op die dag poetse bak en met mekaar die gek skeer. Die dag se nuusgebeure moet eers noukeurig geverifieer word alvorens dit op Wikipedia ingevoer word.
1636 – 6000 troepe van Bern verower die Waadt/Vaud om die stad Lausanne van Savoye. Lyfeienaarskap oor die boere word afgeskaf en die bevolking tree oor tot die Protestantse leer.
1789 – Die Huis van Verteenwoordigers vergader vir die eerste keer met 'n kworum in New York Stad en verkies Frederick Muhlenberg as die eerste Speaker.
1815 – Otto von Bismarck, eerste minister van Pruise, kanselier van die Noord-Duitse Verbond en die eerste rykskanselier van die Duitse Keiserryk ( († 1898).