Kalenders
|
|
Barack Obama 44ste president van die Verenigde State.
|
|
Die jaar 2008 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Die jaar is deur die VN tot die Jaar van die planeet Aarde verklaar.
- 7 Januarie – Alwyn Schlebusch, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman (* 1917).
- 11 Januarie – Sir Edmund Hillary, Nieu-Seeland, eerste persoon wat Everest uitgeklim het (* 1919).
- 22 Januarie – Heath Ledger, Australiese akteur (* 1979).
- 25 Januarie – Christopher Allport, Amerikaanse akteur (* 1947).
- 11 Maart – Phyllis Spira, Suid-Afrikaanse ballerina (* 1943).
- 19 Maart – Arthur C. Clarke, Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer (* 1917).
- 19 Maart – Hugo Claus, toonaangewende Vlaamse skrywer (* 1929).
- 5 April – Charlton Heston, Amerikaanse akteur (* 1923).
- 24 Mei – Rob Knox, Britse akteur (* 1989).
- 2 Junie – Mel Ferrer, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1917).
- 22 Junie – Ryne de Beer, Suid-Afrika se fluitende predikantsvrou (* 1932).
- 22 Junie – George Carlin, Amerikaanse komediant (* 1937).
- 2 Julie – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1936).
- 11 Julie – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind het (* 1908).
- 14 Julie – Mike Schutte, Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen (* 1950).
- 10 Augustus – Isaac Hayes, Amerikaanse musikant (* 1942).
- 11 Augustus – Fred Sinowatz, Oostenrykse politikus en staatsman, kanselier van Oostenryk (* 1929).
- 11 Augustus – George Furth, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 15 Augustus – Vic Toweel, Suid-Afrikaanse bokslegende en voormalige kapokgewig-wêreldkampioen (* 1928)
- 26 Augustus – Ds. Phil Olivier, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum (* 1918).
- 28 Augustus – George Weideman, Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg (* 1947).
- 26 September – Paul Newman, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 1 Oktober – Audrey Blignault, Afrikaanse skrywer (* 1916).
- 15 Oktober – Edie Adams, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1927).
- 28 Oktober – Buck Adams, Amerikaanse pornografiese akteur (* 1955).
- 10 November – Miriam Makeba, Suid-Afrikaanse musieklegende sterf aan 'n hartaanval, kort na 'n optrede in Italië (* 1932).
- 25 Desember – Eartha Kitt, Amerikaanse sangeres, danseres en aktrise (* 1927).