Kalenders
|
|
Die jaar 2025 is die huidige jaar en 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dis is die 25ste jaar van die 21ste eeu n.C.. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae.
- 3 Januarie – Richard Louis, naelloopatleet van Barbados (* 1964).
- 7 Januarie – Jean-Marie Le Pen, Franse intelligensiehoof en politikus (* 1928).
- 13 Januarie – Niël Barnard, hoof van Suid-Afrika se Nasionale Intelligensiediens (NID) (* 1949).
- 13 Januarie – Oliviero Toscani, Italiaanse fotograaf en artistieke direkteur (* 1942).
- 15 Januarie – David Lynch, Amerikaanse regisseur (* 1946).
- 16 Januarie – Joan Plowright, Engelse aktrise (* 1929).
- 29 Januarie – Salwan Momika, Irakse aanhitser tot godsdienshaat teen Islam (* 1986).
- 30 Januarie – Marianne Faithfull, Engelse sangeres en aktrise (* 1946).
- 1 Februarie – Horst Köhler, Duitse president (* 1943).
- 1 Februarie – Johan Oberholzer, Namibiese sanger, liedjieskrywer en komponis (* 1982/1983).
- 4 Februarie – Douw Steyn, Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman (* 1952).
- 4 Februarie – Aga Khan IV, 49ste Imam van die Isma'ilisme (* 1936).
- 7 Februarie – Bruce French, Amerikaanse akteur (* 1945).
- 8 Februarie – Sam Nujoma, Namibiese politikus en eerste president van Namibië (1990–2005) (* 1929).
- 13 Februarie – John Lawlor, Amerikaanse akteur, assistentregisseur en kinematograaf (* 1941).
- 14 Februarie – Alice Hirson, Amerikaanse aktrise (* 1929).
- 16 Februarie – Yolanda Montes, Amerikaanse aktrise bekend as "Tongolele" (* 1932).
- 24 Februarie – Roberta Flack, Amerikaanse sangeres (* 1937).
- 26 Februarie – Gene Hackman, Amerikaanse akteur (* 1930).
- 27 Februarie – Boris Spasski, Russiese skaakspeler (* 1937).