19 Desember is die 353ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (354ste in skrikkeljare). Daar volg nog 12 dae in die res van die jaar.
- 1792 – Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het († 1852).
- 1824 – Sir Hercules Robinson, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1897).
- 1853 – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman († 1926).
- 1865 – Minnie Maddern Fiske, Amerikaanse aktrise en dramaturg († 1932).
- 1888 – Fritz Reiner, Amerikaanse dirigent († 1963).
- 1902 – Ralph Richardson, Engelse akteur († 1983).
- 1915 – Édith Piaf, Franse sangeres († 1963).
- 1924 – Gary Morton, Amerikaanse komediant en vervaardiger († 1999).
- 1924 – Cicely Tyson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2021).
- 1927 – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 1992).
- 1932 – Wayne Tippit, Amerikaanse akteur († 2009).
- 1941 – Lee Myung-bak, Suid-Koreaanse politikus.
- 1944 – Tim Reid, Amerikaanse akteur.
- 1945 – Elaine Joyce, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres.
- 1946 – Robert Urich, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2002).
- 1958 – Steven Isserlis, Britse tjellis.
- 1960 – Mike Lookinland, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Jennifer Beals, Amerikaanse model en aktrise.
- 1963 – Til Schweiger, Duitse akteur, regisseur en vervaardiger.
- 1964 – Béatrice Dalle, Franse aktrise.
- 1968 – Ken Marino, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer.
- 1970 – Tyson Beckford, Amerikaanse model en akteur.
- 1972 – Alyssa Milano, Amerikaanse aktrise.
- 1980 – Jake Gyllenhaal, Amerikaanse akteur.
- 1980 – Marla Sokoloff, Amerikaanse aktrise en musikant.
- 401 – Pous Anastasius I, die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1111 – Al-Ghazali, Islamitiese teoloog, regsgeleerde en filosoof van Persiese afkoms (* 1058).
- 1370 – Pous Urbanus V, die 200ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1310).
- 1741 – Vitus Bering, Deense ontdekkingsreisiger (* 1681).
- 1848 – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights (* 1818).
- 1874 – Frans Rens, Vlaamse skrywer (* 1805).
- 1942 – Genl. Dan Pienaar, wat in die Tweede Wêreldoorlog die 1ste SA Divisie in die westelike Sahara aangevoer het, sterf in 'n vliegramp naby die Victoriameer (* 1893).
- 1955 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein (* 1871).
- 2015 – Kurt Masur, Duitse dirigent (* 1927).
- Feesdag van Pous Anastasius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
- Feesdag van Pous Urbanus V voordat dit deur die tweede Vatikaanse konsilie na 6 November geskuif is.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 Desember. |