1864 – Kalkutta, hoofstad van Brits-Indië, word amper totaal verwoes deur 'n sikloon waarin meer as 60 000 mense sterf.
1877 – Nez Percé en sy bende gee hul uiteindelik oor ná meer as drie maande se gevegte met die magte van die Verenigde State; ’n tog van meer as 1 000 myl oor Oregon, Washington, Idaho en Montana, en ’n beleg.
1930 – Die Britse lugskip R101 stort op sy nooiensvaart in Frankryk neer; dit was onderweg na Indië. 48 van die 54 passasiers en bemanning sterf in die ongeluk.
2018 – Ná Banksy se werk Girl with Balloon vir 'n rekordbedrag van £ 1 042 000 tydens 'n Sotheby's veiling in Londen verkoop is, word die werk onverwags versnipper en sodoende 'n nuwe kunswerk geskep wat later bekend sou staan as Love is in the Bin.