Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Demokratiese Republiek die Kongo |
Provinsie | Kinshasa |
Koördinate | 04°20′S 15°19′O / 4.333°S 15.317°O |
Stigting | 1881 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 9 965 vk km |
Hoogte bo seevlak | 240 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 11 855 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 20 000/vk km |
Tydsone | UTC +1 |
Burgemeester | André Kimbuta Yango |
Amptelike webwerf | kinshasa.cd[dooie skakel] |
Kinshasa (Frans [kinʃasa], voorheen: Léopoldville; Nederlands: Leopoldstad, ) is die hoofstad en grootste stad van die Demokratiese Republiek die Kongo (ook Kongo-Kinshasa genoem), wat tot ses jaar ná die land sy onafhanklikheid (1960) van België verkry het as Leopoldstad bekend gestaan het.
Dit is 'n 'n rivierhawe en aan die Kongorivier, oorkant die hoofstad van die Republiek die Kongo, Brazzaville, net suid van die ewenaar geleë. Dit maak van Brazzaville en Kinshasa die wêreld se tweede naaste hoofstede ná Rome en die Vatikaanstad.
Die stad is in 1887 deur die Britse ontdekkingsreisiger Henry Morton Stanley gestig. Dit het in 1926 die hoofstad van die Belgiese kolonie geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was troepe van die Verenigde State hier gestasioneer.
Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, 'n rivierhawe, 'n universiteit (1954) en is 'n vername handelsentrum. Van die bedrywe in die stad is onder meer voedselverwerking, tekstiele, chemikalieë en brouery.
Kinshasa se naam het net een keer verander, hoewel die land om die beurt die Kongo-Vrystaat van 1885 tot 1908, die Belgiese Kongo van 1908 tot 1960, die Demokratiese Republiek die Kongo van 1960 tot 1971, die Republiek van Zaïre van 1971 tot 1997 en uiteindelik weer die Demokratiese Republiek die Kongo van 1997 tot die hede was.
Die bevolking word tans (2017) op byna 12 miljoen geraam, wat van Kinshasa Afrika se derde grootste stad ná Kaïro en Lagos maak.[1] Dit is ook die grootste Franssprekende stad ter wêreld, net groter as Parys.[2][3] In 1956 was die bevolking slegs 300 000, waarvan 17 000 blank was. Frans is die belangrikste taal van die regering, skole, koerante, openbare dienste en hoë-end-handel in die stad, terwyl Lingala as 'n lingua franca in die strate gebruik word.[4]