10 Januarie is die tiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender . Daar volg nog 355 dae in die res van die jaar (356 in skrikkeljare ).
Eben Dönges is verkies tot staatspresident van Suid-Afrika, maar is op die dag in 1968, voor hy ingesweer is, oorlede.
Die sanger Theuns Jordaan is op die dag in 1971 gebore.
1745 – Isaac Titsingh , Nederlandse snydokter en diplomaat († 1812 ).
1780 – Hinrich Lichtenstein , Duitse geneesheer, skrywer en botanikus († 1857 ).
1818 – Dirk Postma , Nederlandse en Suid-Afrikaanse teoloog en grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1890 ).
1829 – Sir David Tennant , Kaapse politkus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie († 1905 ).
1843 – Willem Petrus de Villiers , predikant in die NG Kerk , lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder († 1908 ).
1869 – Grigori Raspoetin , Russiese lekeprediker († 1916 ).
1872 – Andries Dreyer , Suid-Afrikaanse sendeling en kerkhistorikus († 1938 ).
1883 – Ds. Dirk du Plessis , predikant in 3 Gereformeerde kerke († 1941 ).
1927 – Johnnie Ray , Amerikaanse akteur († 1990 ).
1931 – Alex Boraine , Suid-Afrikaanse politikus , skrywer en voormalige kerkleier († 2018 ).
1936 – Stephen E. Ambrose , Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente († 2002 ).
1945 – Gunther von Hagens , Duitse ontleedkundige.
1945 – Rod Stewart , Britse popsanger.
1949 – Linda Lovelace , Amerikaanse pornografiese aktrise († 2002 ).
1961 – Janet Jones , Amerikaanse aktrise.
1965 – Zamuxolo Peter , Suid-Afrikaanse politikus († 2020 ).
1971 – Theuns Jordaan , Suid-Afrikaanse sanger († 2021 ).
310 – Pous Miltiades . Party bronne gee die jaartal as 311 (* Onbekend).
681 – Pous Agato , 79ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±577 ).
976 – Johannes I Tzimiskes , Bisantynse keiser (* 925 ).
1276 – Pous Gregorius X , 184ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1210 ).
1778 – Carolus Linnaeus , Sweedse dokter, plantkundige en bioloog (* 1707 ).
1794 – Georg Forster , Duits-Poolse etnoloog en joernalis (* 1754 ).
1897 – Gustav Christian Schwabe , Duits-gebore Britse koopman en finansier (* 1813 ).
1946 – Hjalmar Reitz , Suid-Afrikaanse politikus en skrywer (* 1877 ).
1862 – Samuel Colt , Amerikaanse uitvinder van die rewolwer (* 1814 ).
1966 – Abraham Jonker , Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis (* 1905 ).
1968 – Eben Dönges , Suid-Afrikaanse joernalis, kultuurleier en politikus, Staatspresident van Suid-Afrika (* 1898 ).
1971 – Coco Chanel , Franse mode-ontwerper (* 1883 ).
1975 – Anna Petronella van Heerden , eerste Afrikaner vrou wat as mediese dokter kwalifiseer (* 1887 ).
2015 – Dr. F.I.J. van Rensburg , Afrikaanse akademikus en literêre kritikus (* 1922 ).
2015 – Taylor Negron , Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger (* 1957 ).
2016 – David Bowie , Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1947 ).
2023 – Jeff Beck , Britse musikant (* 1944 ).
2023 – Konstantyn II , koning van Griekeland van 1964 tot 1974 (* 1940 ).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 January .