Kalenders
|
|
Koning Prajadhipok (Rama VII) by sy kroning
|
|
Die jaar 1926 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 26ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 13 Januarie – Carl von Hirschberg, 'n Suid-Afrikaanse diplomaat. († 2017).
- 16 Januarie – Salty du Rand, Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein († 1979).
- 10 Februarie – Nico Carstens, Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier († 2016).
- 10 Februarie – Győrgy Lehel, Hongaarse dirigent († 1989).
- 11 Februarie – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke († 2018).
- 22 Februarie – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy vervolgreekse († 1990).
- 28 Februarie – Ernst Waldemar Bauer, Duitse televisie- en radiopublisis, bioloog, skrywer, politikus († 2015).
- 6 Maart – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur († 2016).
- 7 Maart – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog († 2015).
- 18 Maart – Peter Graves, Amerikaanse akteur en regisseur († 2010).
- 30 Maart:
- 2 April – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer († 2014).
- 3 April – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder († 1967).
- 6 April – Ian Paisley, Noord-Ierse unionistiese politikus en Protestantse godsdienstige leier († 2014).
- 7 April – Gloria Warren, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 8 April – Emma Renzi, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 9 April – Hugh Hefner, Amerikaanse pornotydskrifuitgewer († 2017).
- 21 April – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk († 2022).
- 22 April – Charlotte Rae, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 23 April – J. P. Donleavy, Iers-Amerikaanse skrywer en dramaturg († 2017).
- 28 April – Harper Lee, Amerikaanse skryfster van To Kill a Mockingbird en Pulitzerprys-wenner († 2016).
- 30 April – Cloris Leachman, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 5 Mei – Ann B. Davis, Amerikaanse aktrise, The Brady Bunch († 2014).
- 7 Mei – Klaas Runia, Nederlandse joernalis en teoloog († 2006).
- 8 Mei – David Attenborough, Britse natuurkundige en TV-persoonlikheid.
- 10 Mei – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië († 2002).
- 17 Mei – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer († 2016).
- 23 Mei – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse Kommunistiese Partyleier en ANC-politikus († 1995).
- 24 Mei – Christina Susanna van Zyl, Suid-Afrikaanse skryfster van jeugverhale († 2004).
- 1 Junie – Marilyn Monroe, Amerikaanse aktrise († 1962).
- 6 Junie – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent († 1998).
- 25 Junie – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skryfster († 1973).
- 26 Junie – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter en diplomaat, die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika († 2012).
- 4 Julie – Amos Elon, Israelse skrywer en joernalis († 2009).
- 26 Julie – Lennox Sebe, Ciskei president († 1994).
- 31 Julie – Hilary Putnam, Amerikaanse filosoof († 2016).
- 11 Augustus – Aaron Klug, Britse skeikundige en biochemikus († 2018).
- 13 Augustus – Fidel Castro, Kubaanse rewolusionêr en staatsman († 2016).
- 15 Augustus – Julius Katchen, Amerikaanse pianis († 1969).
- 4 September – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog († 2002).
- 11 September – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2009).
- 17 September – Berta Smit, Suid-Afrikaanse uitgewer en Afrikaanse skrywer († 1997).
- 25 September – Stafford Beer, Britse stelseteoretikus en konsultant († 2002).
- 2 Oktober – Jan Morris, Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer († 2020).
- 11 Oktober – Thich Nhat Hanh, Viëtnamese Boeddhistiese monnik, vredesaktivis, digter en skrywer († 2022).
- 15 Oktober – Michel Foucault, Franse filosoof († 1984).
- 17 Oktober – Julie Adams, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 24 Oktober – Désirée Talbot, Suid-Afrikaanse sopraan († 2020).
- 15 Desember – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 28 Desember – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf († 2013).
- 8 Maart – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman (* 1853).
- 11 Maart – Siener van Rensburg, Suid-Afrikaanse toekomsvoorspeller (* 1862).
- 15/16 Mei – Mehmet VI, die laaste sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1861)
- 23 Mei – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser. (* 1853).
- 8 Junie – Emily Hobhouse, Britse menseregteaktivis (* 1860).
- 20 Julie - Feliks Dzerzjinski, Russiese rewolusionêr en amptenaar (* 1877).
- 1 Augustus – John X. Merriman, langsdienende parlementslid en onder andere ook Eerste Minister van die Kaapkolonie (* 1841).
- 15 Oktober – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein (* 1871).
- 31 Oktober – Die towenaar Harry Houdini sterf aan gangreen en buikvliesontsteking wat ontwikkel nadat sy blindederm gebars het.
- 26 November – John Browning (71), Amerikaanse vuurwapenontwerper (* 1855).
- 5 Desember – Claude Monet, impressionistiese kunsskilder van Giverny, Frankryk (* 1840).
- 29 Desember – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter (* 1875).