Kalenders
President Cyril Ramaphosa
Die jaar 2018 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dis was die 18de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1 Januarie – Bulgarye neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Estland oor.
4 Januarie – Die Shosholoza Meyl ontspoor na 'n botsing met 'n vragmotor tussen Hennenman en Kroonstad , waarby 21 mense sterf en 254 beseer word.
9 –25 Februarie – Die 23ste Olimpiese Winterspele word in Pyeongchang , Suid-Korea , aangebied.
14 Februarie – Jacob Zuma bedank as President van Suid-Afrika .
15 Februarie – Cyril Ramaphosa word president van Suid-Afrika.
9 –18 Maart – Die twaalfde Paralimpiese Winterspele word in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.
21 Maart – Die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA)-ooreenkoms word deur 44 van die Afrika-unie (AU) se 55 lidlande in Kigali , Rwanda , onderteken.
1 April – Die President van Botswana , Ian Khama , bedank en word deur adjunkpresident Mokgweetsi Masisi opgevolg.
8 Mei – Bari Weiss, redakteur van The New York Times publiseer 'n artikel oor die intellektuele donker web .
10 Mei – Hemelvaartsdag .
19 Mei – Die huweliksplegtigheid van die Britse Prins Harry met die Amerikaanse Meghan Markle .
23 Mei – Die krieketster AB de Villiers kondig sy uittrede uit internasionale krieket aan.
25 Mei – Tydens 'n referendum stem 66,4% van die stemgeregtiges in die Republiek Ierland ten gunste van die wettiging van aborsies .
8 Junie – Sanlam vier sy honderdste verjaarsdag.
14 Junie –15 Julie – Die 21ste Sokker-wêreldkampioenskap word in Rusland aangebied en der Frankryk gewen.
1 Julie – Oostenryk neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Bulgarye oor.
5 Julie – Litaue sluit by die OESO aan.
14 Oktober – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
10 November – Die Maputo-Katembe-brug , die langste hangbrug in Afrika, word geopen.
9 Desember – Gerald Cotton die Hoof- uitvoerende beampte en stigter van Quadriga Fintech Solutions sterf onverwags in Indië . Na sy dood kon 115 000 kliënte nie toegang verkry tot die 250 miljoen Kanadese dollar wat hulle in kriptogeld by die maatskappy belê het nie, aangesien slegs hy die wagwoorde gehad het.
Hugh Masekela , oorlede op 23 Januarie
Morgan Tsvangirai , oorlede op 14 Februarie
Winnie Madikizela-Mandela , oorlede op 2 April
Aretha Franklin , oorlede op 16 Augustus
Kofi Annan , oorlede op 18 Augustus
Stan Lee , oorlede op 12 November
5 Januarie – John W. Young , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930 ).
9 Januarie – Gerald Morkel , voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad (* 1941 ).
17 Januarie – Roy Bennett , Zimbabwiese politikus (* 1957 ).
18 Januarie – Lucas Mangope , oudpresident van die bantoestan Bophuthatswana (1977–1994) (* 1923 ).
20 Januarie – Paul Bocuse , Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke (* 1926 ).
22 Januarie – Ursula K. Le Guin , Amerikaanse skrywer (* 1929 ).
23 Januarie – Hugh Masekela , legendariese Suid-Afrikaanse trompetspeler (* 1939 ).
27 Januarie – Ingvar Kamprad , Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea (* 1926).
29 Januarie – Clive van Ryneveld , Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier (* 1928 ).
6 Februarie – John Anthony West , Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids (* 1932 ).
14 Februarie – Ruud Lubbers , Nederlandse politikus (Eerste Minister) (* 1939).
14 Februarie – Morgan Tsvangirai , Zimbabwiese politikus (* 1952 ).
21 Februarie – Billy Graham , Amerikaanse evangelis (* 1918 ).
24 Februarie – Sridevi , Indiese aktrise (* 1963 ).
26 Februarie – Mies Bouwman , Nederlandse televisie-aanbieder (* 1929).
3 Maart – David Ogden Stiers , Amerikaanse komediant en akteur (* 1942 ).
3 Maart – Roger Bannister , voormalige Britse atleet en neuroloog (* 1929).
8 Maart – Peter Temple , Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer (* 1946 ).
14 Maart – Stephen Hawking , Britse fisikus en skrywer (* 1942).
23 Maart − Philip Kerr , Britse skrywer (* 1956 ).
2 April – Winnie Madikizela-Mandela , anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela (* 1936 ).
14 April – Colin Bland , Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1938 ).
15 April – Michael Halliday , Australiese taalkundige (* 1925 ).
15 April – R. Lee Ermey , Amerikaanse akteur (* 1944 ).
16 April – Harry Anderson , Amerikaanse akteur en skrywer (* 1952 ).
29 April – Derek Keys , Suid-Afrikaanse politikus (* 1931 ).
9 Mei – Jan Engelen , Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur (* 1946).
12 Mei – Sam Nzima , Suid-Afrikaanse fotojoernalis (* 1934 ).
22 Mei – Philip Roth , Amerikaanse romanskrywer (* 1933 ).
26 Mei – Alan Bean , Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932).
8 Junie – Anthony Bourdain , Amerikaanse akteur en komediant (* 1956).
16 Junie – Syd Nomis , Springbokrugbyspeler (* 1941).
16 Junie – Cecile Cilliers , Suid-Afrikaanse joernalis en skryfster (* 1933).
25 Junie – David Goldblatt , Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1930).
27 Junie – Renata Coetzee , kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners (* 1930).
14 Julie – Theo-Ben Gurirab , Namibiese politikus (* 1938).
25 Julie – Tom Gouws , Afrikaanse skrywer en akademikus (* 1961 ).
26 Julie – Gert Steyn , Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1951 ).
27 Julie – Bongani Mayosi , Suid-Afrikaanse professor (* 1967 ).
29 Julie – Nellie du Toit , Suid-Afrikaanse liriese sopraan (* 1929).
5 Augustus – Charlotte Rae , Amerikaanse aktrise. (* 1926 ).
10 Augustus – Koos Human , Afrikaanse uitgewer, rubriekskrywer en musiekkenner (* 1931 ).
11 Augustus – George Stevens , Suid-Afrikaanse bariton.
15 Augustus – Martin Pelser , Springbokrugbyspeler (* 1934).
16 Augustus – Aretha Franklin , Amerikaanse sangeres (* 1942).
18 Augustus – Kofi Annan , Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1938).
20 Augustus – Lerina Erasmus , Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer (* 1946).
21 Augustus – John van Reenen , Suid-Afrikaanse diskuswêreldrekordhouer (* 1947 ).
25 Augustus – John McCain , Amerikaanse politikus (* 1936).
31 Augustus – Marinus Wiechers , Suid-Afrikaanse regsman en grondwetkenner (* 1937 ).
6 September – Burt Reynolds , Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger (* 1936).
10 September – Jannie Geldenhuys , Suid-Afrikaanse Weermaghoof (* 1935 ).
20 September – Pieter Kooij , Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent (* 1937).
22 September – Edna Molewa , ANC-politikus en Minister van Omgewingsake van Suid-Afrika. (* 1957).
25 September – Shoki Mokgapa , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1984 ).
1 Oktober – Charles Aznavour , Franse skrywer, komponis, chansonnier (sanger) en akteur (* 1924 ).
6 Oktober – Montserrat Caballé , Spaanse operasangeres (* 1933).
7 Oktober – Theuns Briers , Springbokrugbyspeler (* 1929).
10 Oktober – Raye Montague , Amerikaanse vlootingenieur (* 1935 ).
12 Oktober – Pik Botha , Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Buitelandse Sake (* 1932).
15 Oktober – Paul Allen , Amerikaanse sakeman en medestigter van Microsoft (* 1953 ).
20 Oktober – Wim Kok , Nederlandse politikus (* 1938).
24 Oktober – James Karen , Amerikaanse akteur (* 1923).
3 November – Sondra Locke , Amerikaanse aktrise (* 1944 ).
5 November – Renier van Rooyen , Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931 ).
12 November – Stan Lee , medestigter van die Marvel-strokiesprentboeke (* 1922).
13 November – Katherine MacGregor , Amerikaanse aktrise (* 1925).
17 November – Nigel Morgan ,'n Britse en Suid-Afrikaanse veiligheidskonsultant (* 1954).
20 November – Aaron Klug , Britse skeikundige en biochemikus (* 1926).
26 November – Bernardo Bertolucci , Italiaanse rolprentregisseur en draaiboekskrywer (* 1941).
26 November – Stephen Hillenburg , Amerikaanse animasiekunstenaar (* 1961 ).
30 November – George H.W. Bush , Amerikaanse politikus en 41ste President van die Verenigde State (* 1924).
1 Desember – Gertjie Brynard , Springbokrugbyspeler (* 1938).
1 Desember – Ken Berry , Amerikaanse akteur (* 1933 ).
3 Desember – Justin Cartwright , Britse skrywer (* 1945 ).
5 Desember – Alex Boraine , Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier (* 1931).
17 Desember – Penny Marshall , Amerikaanse aktrise (* 1943 ).
26 Desember – Don McKay , Amerikaanse akteur (* 1925 ).
Wikinews bevat nuus in verband met 2018 .