7 Augustus is die 219de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (220ste in skrikkeljare). Daar volg nog 146 dae in die res van die jaar.
Charlize Theron in 2008
- 1794 – Abraham Josias Cloete, Afrikaanse generaal in die Britse leër († 1886)
- 1881 – E.G. Jansen, Suid-Afrikaanse politikus en agste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1951–1959) († 1959).
- 1895 – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres († 1970).
- 1916 – Lalie Beukes, Afrikaanse skrywer († 2009).
- 1920 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Nasionale Party in Natal († 1980).
- 1923 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler († 2012).
- 1928 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus († 2020).
- 1933 – Wilma Stockenström, Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise.
- 1942 – B.J. Thomas, Amerikaanse sanger en akteur († 2021).
- 1955 – Wayne Knight, Amerikaanse akteur.
- 1957 – Christiana Figueres, Costa Rica klimaataktivis.
- 1974 – Michael Shannon, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 1975 – Charlize Theron, Suid-Afrikaanse Hollywood-rolprentaktrise.
- 1996 – Brendan Peyper, Afrikaanse sanger en akteur.
 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 7 August. |