Addis Abeba | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Ethiopië |
Administratiewe gewes | Addis Abeba |
Koördinate | 09°01′N 38°45′O / 9.017°N 38.750°O |
Stigting | 1886 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 527 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 355 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2008) | 3 384 569 |
- Metropolitaanse gebied | 4 567 857 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 165/vk km |
Tydsone | UTC +3 |
Burgemeester (party) | Adanech Abebe |
Addis Abeba is die hoofstad en grootste stad van Ethiopië en lê op 'n hoogte van 2 355 m. Die stad het 'n internasionale lughawe, 'n spoorlyn wat na die hawe van Djiboeti lei en 'n universiteit. Belangrike bedrywe sluit tabak, voedselprodukte, tekstiel, chemikalieë en sement in.
Die stad is in 1886 deur Menelik II gestig en het reeds twee jaar later die hoofstad geword. Italië het dit van 1936 tot 1941 beset toe hulle dit die hoofstad van Italiaans-Oos-Afrika gemaak het.
Die St. George-katedraal, nasionale museum, nasionale biblioteek en Menelik II se graftombe is van die besienswaardighede vir die toeris. Die stad was die hoofkwartier van die Organisasie vir Afrika-eenheid en is steeds die hoofkwartier van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika en van die Afrika-unie.
Addis Abeba se bevolking is in 1992 op 1 763 000 geraam , maar het intussen toegeneem tot 3 384 569 (2008), wat dit die grootste stad maak in 'n land wat nié aan die see grens nie.