10 Maart is die 69ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (70ste in skrikkeljare). Daar volg nog 296 dae in die res van die jaar.
- 1734 – Asada Goryu, Japannese sterrekundige († 1799)
- 1878 – Karel van de Woestijne, Vlaamse skrywer en digter († 1929).
- 1892 – Arthur Honegger, Switserse komponis († 1955).
- 1898 – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en rugbyspeler († 1965).
- 1931 – Raymond Ackerman, Suid-Afrikaanse kleinhandelmagnaat († 2023).
- 1933 – Allister Sparks, Suid-Afrikaanse koerantman († 2016).
- 1936 – Sepp Blatter, agste president van die FIFA-wêreldsokkerbond.
- 1940 – Chuck Norris, Amerikaanse akteur.
- 1945 – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 († 2022).
- 1946 – Peter Temple, Australies-Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2018).
- 1951 – Max du Preez, Suid-Afrikaanse koerantman en politieke ontleder.
- 1952 – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus († 2018).
- 1957 – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van Al-Kaïda († 2011).
- 1958 – Sharon Stone, Amerikaanse aktrise.
- 1964 – Prins Edward, Britse koninklike, jongste seun van koningin Elizabeth en prins Philip.
- 1973 – Nick Bostrom, Sweeds/Britse filosoof.
- 1984 – Olivia Wilde, Amerikaanse aktrise.
- 1984 – Ruan Pienaar, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springbokskrumskakel.
- 483 – Pous Simplicius, 47ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1807 – Jean Thurel, Franse soldaat (*1698).
- 1887 – Jan Bantjes, 'n Voortrekker (* 1817).
- 1937 – Jewgeni Zamjatin, 'n Russiese skrywer. (* 1884).
- 1943 – Paul Modersohn, Duitse skilder (* 22 Februarie 1865).
- 1946 – Karl Haushofer, akademikus, populariseer geopolitiek in Duitsland (* 1869).
- 1988 – William Wordsworth, Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth (* 1908).
- 1998 – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 2023 – Stephanie Kemp, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis (* 1941).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 March. |
- Feesdag van Pous Simplicius in die Rooms-Katolieke Kerk.