27 Junie is die 178ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (179ste in skrikkeljare). Daar volg nog 187 dae in die res van die jaar.
- 1350 – Manuel II Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk († 1425).
- 1682 – Charles XII van Swede, koning van Swede in 1697-1718 († 1718) (17 Junie op die Sweedse kalender).
- 1869 – Hans Spemann, ontvanger van die Nobel Prys vir medisyne 1935 († 1941).
- 1869 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis († 1940).
- 1872 – Paul Laurence Dunbar, Amerikaanse skrywer († 1906).
- 1880 – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968).
- 1918 – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter († 2011).
- 1925 – Dawie Couzyn, opera- en ligte Afrikaanse musieksanger († 2010).
- 1927 – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres van ligte musiek († 1990).
- 1935 – Louis van Niekerk, Afrikaanse verhoog-, rolprent- en TV-akteur en teaterregisseur († 2023).
- 1948 – Richard G. Morris, Britse neurowetenskaplike.
- 1949 – Dierdré Snijman, Suid-Afrikaanse plantkundige en planttaksonoom.
- 1951 – David Kramer, Suid-Afrikaanse musikant.
- 1967 – Samantha Newark, Engelse akteur en komponis.
- 1983 – Dale Steyn, Suid-Afrikaanse toetskrieketspeler.
- 1985 – Nico Rosberg, Formule Een-wêreldkampioen van 2016.
- 363 – Keiser Julianus Apostata (* 331).
- 1831 – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole (* 1779).
- 1844 – Joseph Smith Jr., stigter van die Mormoonse Kerk (* 1805).
- 1890 – Dietlof Maré, sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) (* 1824).
- 1934 – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1851).
- 1952 – Elmo Lincoln, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 1989 – Alfred Jules Ayer, Britse filosoof (* 1910).
- 2001 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2009 – Gale Storm, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1922).
- 2016 – Bud Spencer, Italiaanse akteur (* 1929).
- 2016 – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer (* 1928).
- 2018 – Renata Coetzee, kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners (* 1930).
- Fees van Cyrillus van Alexandrië.
- MIV-toetsdag in die VSA.
- Stonewalldag, gayregtetrotsdag.
- Dag van die Halfbloed - Brasilië
 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 Junie. |