27 Februarie is die 58ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender . Daar volg nog 307 dae in die res van die jaar (308 in skrikkeljare ).
Naas Botha se verjaarsdag.
Die aktrise Elizabeth Taylor is op die dag in 1932 gebore.
380 – Edik De fide Catholica van keiser Theodosius I wat die Roomse geloof die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk maak.
1287 – Karel van Salerno onderteken 'n kontrak waarin hy afstand doen van die koninkryk van Sisilië . Pous Honorius IV erken nie die kontrak nie.
1594 – Die Koning van Navarre word gekroon as Koning Henri IV van Frankryk by die Katedraal van Chartres naby Parys , wat die Bourbon-dinastie begin.
1617 – Swede teken die Verdrag van Stolbovo om die Ingrianoorlog met Rusland te beëindig en slaag in aansienlike gebiedsuitbreiding.
1639 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX ) se komiese opera Chi soffre speri het sy premiêre in Rome .
1782 – Pous Pius VI vertrek na Wene om te onderhandel met keiser Joseph II.
1801 – Washington, D.C. word onder die jurisdiksie van die Kongres van die VSA geplaas.
1871 – Tydens 'n wolkbreuk hoop die water op by Patrysfontein en 'n vloedgolf so hoog soos 'n huis tref Victoria-Wes (Kaapkolonie ), om 21h00. Meer as 100 mense verdrink en 34 huise word verwoes.
1881 – Eerste Vryheidsoorlog : Die Slag van Majuba vind plaas.
1900 – Tweede Vryheidsoorlog : Die Slag van Paardeberg eindig in ’n Britse oorwinning tydens die Tweede Vryheidsoorlog .
1933 – Die Reichstag-gebou word, in ’n sleutelgebeurtenis in die vestiging van die Naziregering in Duitsland , aan die brand gesteek.
1964 – Die Italiaanse Regering vra vir hulp om die Skewe Toring van Pisa se omtuimeling te verhoed.
1971 – Die olietenkskip SS Wafra loop op die rotse van die Northumberlandrif naby Agulhas en veroorsaak massiewe oliebesoedeling .
1971 – Dokters by die Nederlandse aborsiekliniek (die Mildredhuis in Arnhem ) voer die eerste kunsmatig-geïnduseerde aborsies uit.
1976 – Die Polisariofront van Wes-Sahara verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laayoune as hoofstad .
1991 – Golfoorlog : V.S. President George H.W. Bush kondig aan dat "Koeweit bevry is".
2002 – Ryanair vlug 296 slaan aan die brand op Londen se Stansted-lughawe . Ondersoeke hierna kritiseer Ryanair se hantering van die ontruiming dié dag.
2002 – Godhra-treinbrand: 'n Moslembende steek 'n trein aan die brand wat van Ayodhya terugkeer, 59 Hindoepelgrims sterf.
2004 – Die bombardering van Superferry deur Abu Sayyaf in die Filippyne se ergste terroriste-aanval laat 116 dood.
2004 – Shoko Asahara, die leier van die ekstreme Japannese sekte Aum Shinrikyo , word ter dood veroordeel vir die senugasaanval op die Tokio -moltrein in 1995.
2015 – Sluipmoord op Boris Nemtsof , Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus, naby die Rooiplein in Moskou .
272 – Keiser Konstantyn die Grote († 337 ).
1748 – Anders Sparrman , Sweedse natuurkundige, medikus en aktivis († 1820 ).
1807 – Henry Wadsworth Longfellow , Amerikaanse digter († 1882 ).
1847 – Ellen Terry , Engelse aktrise († 1928 ).
1861 – Rudolf Steiner , antroposoof († 1925 ).
1892 – William Demarest , Amerikaanse akteur († 1983 ).
1902 – C.M. van den Heever , Afrikaanse skrywer en digter († 1957 ).
1902 – John Steinbeck , Amerikaanse joernalis en skrywer, Nobelprys -wenner († 1968 ).
1903 – Reginald Gardiner , Engels-Amerikaanse akteur and sanger († 1980 ).
1912 – Lawrence Durrell , Indies-Frannse outeur, digter en dramaturg († 1990 ).
1913 – Paul Ricœur , Franse filosoof en akademikus († 2005 ).
1923 – Dexter Gordon , Amerikaanse jazzmusikant († 1990 ).
1930 – Joanne Woodward , Amerikaanse aktrise.
1932 – Elizabeth Taylor , Brits-Amerikaanse aktrise († 2011 ).
1940 – Howard Hesseman , Amerikaanse akteur en regisseur († 2022 ).
1942 – Denise Darvall , hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting († 1967 ).
1944 – Graeme Pollock , Suid-Afrikaanse krieketspeler.
1953 – Ian Khama , Botswana -politikus en vierde president van Botswana (2008–2018).
1957 – Timothy Spall , Engelse akteur.
1958 – Naas Botha , Suid-Afrika se veertigste Springbokkaptein .
1962 – Adam Baldwin , Amerikaanse akteur.
1962 – Grant Show , Amerikaanse akteur.
1965 – Noah Emmerich , Amerikaanse akteur.
1966 – Donal Logue , Kanadese akteur en regisseur.
1967 – Jonathan Ive , Britse ontwerper van verskeie Apple elektroniese gebruiksprodukte.
1983 – Kate Mara , Amerikaanse aktrise.
1994 – Hou Yifan , Chinese skaakspeler.
364 – Keiser Jovianus (* 331 ).
1425 – Wasili I van Moskou , Grootprins van die Rjoerik-dinastie (* 1371 ).
1879 – Groothertog Wjatsjeslaf Konstantinowitsj van Rusland , jongste seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj (* 1862 ).
1881 – Sir George Pomeroy Colley , Britse soldaat en Goewerneur van Natal; tydens die Slag van Majuba (* 1835 ).
1902 – Harry "Breaker" Morant , Australiese luitenant, tereggestel in Pretoria weens verskeie moorde (* 1864 ).
1906 – Samuel Langley , Amerikaanse sterrekundige , fisikus , uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier (* 1834 ).
1979 – Salty du Rand , Suid-Afrika se vyf-en-twintigste Springbokkaptein (* 1926 ).
1980 – George Tobias , Amerikaanse akteur (* 1901).
1985 – J. Pat O'Malley , Engels-Amerikaanse akteur en sanger (* 1904).
1987 – Joan Greenwood , Engels aktrise (* 1921).
1989 – Konrad Lorenz , Oostenrykse dierkundige en voëlkenner, Nobelpryswenner (* 1903).
1993 – Lillian Gish , Amerikaanse aktrise (* 1893).
1998 – George H. Hitchings, Amerikaanse farmakoloog en akademikus, Nobelpryswenner (* 1905).
1998 – J. T. Walsh , Amerikaanse akteur (* 1943).
2003 – Fred Rogers , Amerikaanse akteur en TV-aanbieder(* 1928 ).
2009 – John Alvin , Amerikaanse akteur (* 1917 ).
2015 – Boris Nemtsof , Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus (* 1959 ).
2015 – Richard Bakalyan , Amerikaanse akteur (* 1931 ).
2015 – Leonard Nimoy , Amerikaanse akteur, digter, musikant en fotograaf (* 1931).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 27 February .