DFB-Pokal | |
DFB-Pokal 2024 | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1935 |
Eienaar | Duitse sokkerbond |
Inwydingseisoen | 1935 |
Deelnemende lande | Duitsland |
Aantal spanne | 64 |
Mees onlangse kampioen | RB Leipzig (2023) |
Verwante kompetisies | Bundesliga 2. Bundesliga Regionalliga Noord Regionalliga Suid |
Die DFB-Pokal is 'n jaarlikse uitklopkompetisie vir Duitse sokkerklubs wat deur die Duitse sokkerbond (Deutscher Fußball-Bund, DFB) georganiseer word.
In Desember 1935 is die eerste Duitse uitklopbeker-eindstryd voor 60 000 toeskouers gespeel in die Rheinstadion in Düsseldorf. Die kompetisie was toe bekend as die Tschammerpokal, genoem na die nasionale sportkommissaris Hans von Tschammer und Osten. Na die Tweede Wêreldoorlog het die DFB eers weer in 1952 'n toernooi om die beker ingestel. In Oos-Duitsland is 'n bekertoernooi in 1949 begin, die FDGB-Pokal. Die eerste eindstryd was in Halle (Saale) tussen BSG Waggonbau Dessau en BSG Gera-Süd (1–0).
Sedert 1981 is daar ook 'n DFB-Pokal vir vrouespanne.
Die hoofronde word beslis tussen 64 spanne:
(Die wenners van elke streeks-uitklopkompetisie (kreispokal) in die land kry 'n geleentheid in die betrokke distrik se verbandspokal, so elke klub in Duitsland, selfs op die laagste vlakke, neem indirek deel aan die nasionale uitklopkompetisie en kan dit teoreties wen.)
Die toernooi word gespeel op 'n uitklopstelsel met slegs een wedstryd per ronde. In die eerste twee rondes speel die klubs uit die Bundesliga en 2. Bundesliga nie teen mekaar nie. Reg deur die toernooi sal 'n klub wat teen 'n span uit die Bundesliga of 2. Bundesliga geloot word, altyd die tuisveldvoordeel kry, behalwe in die eindstryd, wat sedert 1985 in die Olimpiese stadion in Berlyn gespeel word.
Aantal kere kampioen: