5 November is die 309de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (310de in skrikkeljare ). Daar volg nog 56 dae.
1439 – Die konsilie van Basel kies Amadeus VIII hertog van Savoje as Teenpous Felix V .
1466 – Giovanni Battista Cibo (later Pous Innocentius VIII ) word biskop van Savona.
1511 – Franse biskoppe saam met keiser Maximiliaan probeer om Pous Julius II af te sit.
1556 – ’n Mongoolse mag verslaan die Hindu magte onder leiding van Generaal Hemu op ’n slagveld ongeveer 80 kilometer noord van Delhi en verseker daardeur die Indiese troon vir Akbar.
1605 – Buskruitverraad: ’n Sameswering gelei deur Guy Fawkes om die Engelse Parlement op te blaas word gefnuik toe Thomas Knyvet, ’n vrederegter, Fawkes in ’n kelder onder die Parlementsgebou betrap.Willem van Oranje
1625 – Pous Urbanus VIII verklaar Raymond Nonnatus heilig.
1688 – Protestantse Prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader, koning Jakobus II , die laaste katolieke monarg van Engeland , af te sit.
1791 – Pous Pius VI publiseer “Ancorché antichissimo” oor die opstand in Avignon .
1837 – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by uMgungundlovu .
1838 – Honduras onttrek vanuit die Sentraal Amerikaanse Federasie. Dit lei tot die ineenstorting van die Verenigde Provinsies van Sentraal-Amerika .
1862 – Rooihuid-oorloë: In Minnesota word meer as 300 Santee Sioux skuldig bevind aan verkragting van en moord op blanke setlaars en word gevonnis om gehang te word.
1872 – Vroueregte : In weerwil van die wet, gaan stem die vroueregteaktivis Susan B. Anthony (sy is later met $100 beboet vir haar deelname).
1895 – George B. Selden verkry die eerste Amerikaanse patent vir ’n motorvoertuig .
1911 – Nadat Italië oorlog verklaar het teen die Ottomaanse Ryk op 29 September 1911, annekseer hy Tripoli en Cyrenaika.
1912 – Woodrow Wilson behaal ’n wegholoorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing oor die ampsdraer William Howard Taft .
1914 – Die Verenigde Koninkryk van Brittanje annekseer Siprus en verklaar saam met Frankryk oorlog teen die Ottomaanse Ryk .
1916 – Die Koningkryk van Pole word gesamentlik deur die keisers van Duitsland en Oostenryk geproklameer.
1917 – St. Tikhon van Moskou word verkies tot Patriarch van Moskou en van die Russies-Ortodokse Kerk .
1930 – Die Nobelprys vir literatuur word aan Sinclair Lewis toegeken.
1935 – Parker Brothers stel die bordspel Monopoly bekend.
1937 – Tweede Wêreldoorlog : Adolf Hitler hou ’n geheime vergadering waarin hy sy planne uitlê om lewensruimte vir die Duitse mense te verkry.
1940 – Franklin D. Roosevelt wen die Amerikaanse presidentsverkiesing en word die eerste president van Amerika vir ’n derde ampstermyn.
1964 – Mariner-program : Mariner 3 word lanseer.
1968 – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
1987 – Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneiland -gevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad.
1996 – Bill Clinton verslaan sy teenstander, Bob Dole in die Amerikaanse presidentsverkiesing vir sy tweede ampstermyn.
2006 – Die voormalige Irakse diktator, Saddam Hussein , word ter dood veroordeel om gehang te word, ná hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
2006 – Australië klop Wes-Indië in die eindstryd van die vyfde Kampioenetrofee in Indië met agt paaltjies (D/L-metode ).
1648 – Ibrahim , sultan van die Ottomaanse Ryk († 1648 ).
1701 − Pietro Longhi , Venesiaanse skilder († 1785 ).
1854 – Paul Sabatier , Franse chemikus en Nobelpryswenner († 1941 ).
1885 – Will Durant , Amerikaanse historikus († 1981 ).
1905 – Joel McCrea , Amerikaanse akteur († 1990 ).
1911 – Roy Rogers , Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur († 1998 ).
1913 – Vivien Leigh , Britse aktrise († 1967 ).
1916 – Cornelis Pama , Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog († 1994 ).
1931 – Charles Margrave Taylor , Kanadese filosoof.
1931 – Ike Turner , Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en vervaardiger († 2007 ).
1941 – Art Garfunkel, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, kitaarspeler en akteur (Simon & Garfunkel ).
1941 – Elke Sommer , Duitse aktrise.
1943 – Sam Shepard , Amerikaanse akteur en skrywer († 2017 ).
1954 – André le Roux du Toit , Afrikaanse skrywer, digter en musikant.
1959 – Bryan Adams , Kanadese akteur, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler.
1963 – Yair Lapid , Israelse politikus, joernalis, akteur, televisie-aanbieder en skrywer.
1963 – Tatum O'Neal , Amerikaanse aktrise en skryfster.
1972 – Rassie Erasmus , Suid-Afrika se sewe-en-veertigste Springbokkaptein .
1974 – Naval Ravikant , Amerikaanse entrepreneur en belegger.
1988 – Virat Kohli , Indiese krieketspeler .
1836 – Karel Hynek Mácha, Tsjeggiese digter (* 1810 ).
1854 – Sir George Cathcart , Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie (* 1794 ).
1933 – Texas Guinan , Amerikaanse aktrise en sakevrou (* 1884 ).
1951 – Reggie Walker , Suid-Afrikaanse atleet (* 1889 ).
1982 – Albert Hertzog , Suid-Afrikaanse politikus (* 1899 ).
1985 – Elise Muller , Afrikaanse skrywer (* 1919 ).
1985 – Dirk van der Walt , predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1919 ).
1989 – Vladimir Horowitz , Russiese pianis (* 1903 ).
1991 – Marthinus Philippus Prinsloo , jukskeilegende en senator (* 1905 ).
1994 – Johan Heyns , invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator van die algemene sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1928 ).
2010 – Jill Clayburgh , Amerikaanse aktrise (* 1944 ).
2012 – Louis Pienaar , Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926 ).
2018 – Renier van Rooyen , Suid-Afrikaanse entrepreneur en stigter van Pep Stores (* 1931 ).
2019 – Laurel Griggs , Amerikaanse kinderaktrise (* 2006 ).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 5 November .